Oggenddiens 6 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 5:1-16 Teks: Matteus 5:13-16 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Tema: God leer die burgers van Sy koninkryk hoe om die goeie te bewaar en die kwaad te vermy. Hoofpunte: Koninkryksburgers word onderrig. Die goeie moet bewaar word. Die kwade moet uitgewys word. Sing: Psalm 27:1; Psalm 89:6; Psalm 100:1

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 6 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Lourens Venter. Lees: Mattheus 18:15-35. Teks: Mattheus 18:18-20. Sondag 31.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 13 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Casper Breed. Lees: Hebreërs 12:4–13 Teks: Hebreërs 12:5 en 6 Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.” Tema: Die Here gee in hierdie gedeelte vir ons antwoord op die vraag na die “waarom” van beproewinge. Hoofpunte: Dit is ʼn opvoedingsproses en nie, soos wat somtyds gedink word, ʼn afbreekproses nie. Jou geloofspiere word daardeur geoefen en sterk gemaak. En so word jy voorberei vir die ewige heerlikheid in Christus. Sing: Psalm 66:1 en 4 ; Skrifberyming 16-1:1 en 3; Psalm 105:5; Psalm 119:23; Psalm 119:25

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 13 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Maartin van Helden. Lees: Jakobus 2:14-26. Teks: Jackobus 2:17. Tema Sonder goeie werke is ons geloof dood. Sondag 32.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 20 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 5:17-20 Teks: Gelese gedeelte Tema: Jesus het die wet en die profete vervul sodat ons God se geregtigheid kan soek. Hoofpunte: Jesus vervul die wet. Jesus vervul die profete. Jesus vereis geregtigheid. Sing: Psalm 149:1 en 2; Psalm 19:4; Psalm 40:5

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 20 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Galasieers 5:13-26, Klaagliedere 5: 21, 1 Johannes 5:1-5.. Teks: Galasieers 5:13,25. Tema Ware bekering lei tot ware goeie werke. Sondag 33.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 27 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 5: 21-26 Teks: Gelese gedeelte Tema: Jesus leer hoe God se wet die pad na versoening tussen mense uitwys. 1. Die betekenis van die wet. 2. Die praktiese gevolg van die leer van Jesus. 3. Die versoening tussen mense. Sing: Ps 92:1 Ps 33:11 Ps 133:1

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 27 September 

Die Erediens word gelei deur Ds. Lourens Venter. Lees: Deut. 6:1-25,8:1-6, Matt. 4:1-11. Teks: Deut 6:4, 5. Tema Dien die Here met jou hele hart. Sondag 34.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)