Doelwit
Die Diakonie van GKL se hoof doelwit is om hul roeping as diaken voluit uit te leef!
As Diakonie is ons geroep om sorg te dra dat die gemeente hulle eenheid in Christus in daadwerklik onderlinge liefde beoefen. Ons moet ook toesien dat die gelowiges aan almal goed doen, sodat die liefde van Christus op hierdie wyse openbaar kan word.
Die Dagbestuur
Die daaglikse sake van die diakonie word behartig deur die dagbestuur.
Dit is 'n span ervare diakens wat besondere aanvoeling het vir die rol van die diakonie in die versorging van medegelowiges en die gemeenskap van die gelowiges. Die dagbestuur is verantwoordelik vir die uitvoering van die besluite geneem deur die diakonie en het 'n mandaat om in sekere gevalle besluitneming en optrede te inisieer.
| Voorsitter: | GeorgeĀ Erasmus |
| Ondervoorsitter: | Heinrich Erasmus |
| Skriba: | Kobus vd Merwe |
| Finansies: | Dirk du Plesis |
| Bykomende diakens: | Helgard Cronje Lourens Dormehl |
Vir kollektes volg asb die linkĀ https://pos.snapscan.io/qr/Egs5dulC