Oggenddiens 4 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 5:27-32 Teks: Gelese gedeelte “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. “As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.” “Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.” Tema: Jesus waarsku dat die wet 'n rein hart soek wat selfbeheersing beoefen. Hoofpunte: Jesus se waarskuwing. Die wet vra reinheid. Die gelowige beoefen selfbeheersing. Sing: Psalm 107:1; Psalm 51:5 en Psalm 138:1

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 4 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Martin van Helden. Lees: Exodus 20:4-6 (2 Korintieers 3:20).  Sondag 35.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 11 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Jes 30:1-33 Teks: Jes 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie... Tema: Julle krag lê in stil wees en vertroue hê op God. Hoofpunte: God se teregwysing Jes 30:1-7 God se opdrag Jes 30:8-18 God se genade Jes 30:19-26 Sing: Psalm 33-1:1 & 2; Psalm 91-1:1; Psalm 68-1:9; Skrifberyming 13-3

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 11 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Levitikus 24:10-17. Tema: God se heilige Naam  Sondag 36.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 18 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 5:33-37 Teks: Gelese gedeelte Tema: Jesus leer dat God die eed ingebring het om die waarheid te dien. Hoofpunte: Die aanvaarbare eed Die verbode eed Die twyfelagtige eed Sing: Psalm 34:2; Psalm 139:1; Psalm 105:5; Psalm 1:1 en 4; Psalm 89:3 en 6

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 18 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Lourens Venter. Lees: Mattheus 5:33-37, 23:16-22. Teks: Mattheus 5:37  Sondag 37.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 25 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 5:38-42 Teks: Gelese gedeelte Tema: Christus leer dat God se wet geregtigheid bo wraak en vergelding stel. Hoofpunte: Die mens wat geregtigheid en wraak verwar. Die wet wat die onderskeid tussen geregtigheid en wraak reël. Christus wat geregtigheid bo wraak stel. Sing: Psalm 33:2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:62 en 63; Psalm 68:3; Skrifberyming 9-4:5 en 6

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 25 Oktober 

Die Erediens word gelei deur Ds. Martin van Helden. Lees: Psalm 92. Tema: Sondag, die dag van die Here – ‘n rusdag,’n feesdag  Sondag 38.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)