Oggenddiens 1 Maart
Die Erediens word gelei deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Nehemia 5 Teks: Gelese gedeelte Tema: God roep Sy kinders om nie selfgerig te wees nie, sodat Sy kerk in hierdie wêreld kan gedy. Hoofpunte: 1. Die toestand — selfverryking. 2. Die oproep — bekering. 3. Die antwoord — ʼn praktiese verskil. Sing: Psalm 34:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 99:3 en 5; Psalm 73:5 en 7; Skrifberyming 9-4:1, 4 en 5
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 1 Maart
Die Erediens word vanaand gelei deur ds. Christo Swanepoel. Lees:Hebreërs 2:5-18 Teks: Hebreërs 2:14-15 Heidelbergse Kategismus: Sondag 16 Tema: Christus se dood het my dood verander, my graf versag en die hel oorwin. Hoofpunte: 1. Die mag van die dood verbreek. 2. Die smart van die graf versag. 3. Die skrik van die hel oorwin. Sing: Psalm 23:1 en 2; Psalm 134:3; Psalm 89:17; Skrifberyming 10-2; Psalm 16:4 en 5
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 8 Maart
Die Erediens word gelei deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Nehemia 6 Teks: Nehemia 6:15-16 Tema: Die Here bewaar Sy kerk In die tyd van finale opbou teen die slinkse aanslae van die bose. Hoofpunte: Die bewaring van die Here teen: 1. Wêreldse vriendskap. 2. Kwaadwillige verdagmakery. 3. Verdraaide godsdiens. Sing: Psalm 107:1 en 20; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 111: 1, 2, 3 en 4(2de beryming met keervers); Psalm 59:1, 9 en 10; Skrifberyming 18-7:1, 6 en 11
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 8 Maart
Die Erediens word vanaand gelei deur ds. Christo Swanepoel.
Lees: Efesiërs 2:1-10 Teks: Efesiërs 2:4-6 Heidelbergse Kategismus: Sondag 17 Tema: Christus se opstanding is ook my opstanding. Hoofpunte: 1. Christus se opstanding en my regverdigmaking. 2. Christus se opstanding en my heiligmaking. 3. Christus se opstanding en my heerlikmaking. Sing: Psalm 145:1, 2 en 3; Psalm 51:7; Skrifberyming 10-2; Psalm71:1, 9 en 14
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 15 Maart
Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Nehemia 7 Teks: Gelese gedeelte Tema: God gebruik mense om Sy kerk te bou, sodat Hy sy mense in Sy kerk kan opbou. Hoofpunte: 1. God gee mense as leiers. 2. God gebruik mense se gawes. 3. God gee vir mense vrygewigheid. Sing: Psalm 18:1 en 15; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:1 en 11; Psalm 89:6; Skrifberyming 7-2:1 en 2
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 15 Maart
Die Erediens word vanaand waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Johannes 16 Teks: Johannes 16:16 Heidelbergse Kategismus: Sondag 18 Tema: Christus is in die hemel en Christus is in ons. Hoofpunte: 1. Christus na die hemel.2. Christus in die hemel. 3. Christus in die gelowige. Sing: Psalm 33:1 en 7; Psalm 89:3; Skrifberyming 10-2; Psalm 47:3 en 4
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 29 Maart
Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Aangesien ons nou in die lydenstyd van Jesus is sal ons in die volgende weke D.V. die Skriflesing en boodskappe rondom hierdie onderwerp fokus. Sondagoggend se oordenking kom uit Matteus 20:17-28 Tema: Jesus se lyding roep jou op tot opoffering en diens in Sy koninkryk. Die lyding van Jesus. Die ambisie van die mens. Die opoffering van die gelowige.
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 29 Maart
Die Erediens word vanaand waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Die Skriflesing: Psalm 18 Tema: God se bewarende hand leer Sy kind om erkenning te gee vir al die seën wat ontvang word. Hoofpunte 1 Die gevare waaruit hy verlos is. 2 Die lesse wat hy geleer het. 3 Die seëninge wat hy geniet het. 4 Die erkenning wat hy vir alles gee.
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)