Oggenddiens 7 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Daniël 6 Teks: Daniël 6:12 Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek. Tema: God bevry Sy gelowige kinders in hul stryd teen die dood. Hoofpunte: Die aanslag teen God se kinders. Die geloof van God se kinders Die bevryding van God se kinders. Sing: Psalm 84:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 99:1 en 5; Psalm 43:3 en 4 en Skrifberyming 14-1: 1 en 2
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 7 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Rom 11:33-12:8. Teks: Rom 12:2. Sondag: 49. Tema: Die wil van God!
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 14 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Deuteronomium 32:1-18 Teks: Deuteronomium 32:11 en 12 Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei,
soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei; daar was nie 'n ander god by Hom nie. Tema: God forseer ons om selfstandig te word deur ons afhanklikheid te leer. Hoofpunte: God forseer Sy kind. God leer Sy kind selfstandigheid. God leer Sy kind afhanklikheid. Sing: Psalm 18:1 en 9; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 130:2; Psalm 20:1 en 4; Psalm 61:1, 2 en 3; Psalm 91:1 en 2
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 14 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Rom 11:33-12:8. Teks: Rom 12:2. Sondag: 49. Tema: Die wil van God!
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 21 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Levitikus 10:1-11 Teks: Levitikus 16:1 en 2 Aäron se twee seuns het gesterf toe hulle 'n offer aan die Here wou bring, en na aanleiding daarvan het die Here vir Moses 'n opdrag gegee. Hy het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron hy mag nooit sommer in die heiligdom agter die voorhangsel ingaan na die deksel van die verbondsark toe nie. Ek verskyn telkens in 'n wolk bokant die deksel van die ark en as Aäron sommer ingaan, sal hy sterwe. Tema: God wil gedien word met eerbiedige gehoorsaamheid. Hoofpunte: Die wil van God. Die eerbied in die Godsdiens. Die gehoorsaamheid by die mens. Sing: Psalm 33:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 139:12; Psalm 86:1 en 6; Psalm 119:1 en 17
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 21 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Maartin v Helden. Lees: Matt 18:21-35; Lukas 7:36-50 (Matt 6:9-14; 1 Joh 1:5-10) Teksvers: Luk 7:47; Matt 18:31-33 HK Sondag 51
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 28 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: 2 Samuel 9 Teks: 2 Samuel 9:7 Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.” Tema: God neem die gestremde sondaar se angs weg, deur Hom ter begenadig. Hoofpunte: Die gestremde sondaar. Die beangste sondaar. Die begenadigde sondaar. Sing: Psalm 116:1 en 4; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:1 en 40; Psalm 4:2; Psalm 40:8
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 28 Februarie
Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Lukas 22:1-71; 1-6; 14-23; 31-34; 47-53; 54-62 Teks: Lukas 22:3-6; 21-23; 31;47,48; 60-62 Heidelbergse Kategismus: 52 Vraag en Antwoord 127 Tema: Verloën jy Jesus of wen jy die geestelike stryd met ‘n Oorwin-ningsperspektief? Sing: Lied 169:1, 2 en 3; Psalm 68-1:9 en 13; Skrifberyming 7-1:1; Skrifberyming 13-3
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)