Oggenddiens 7 Maart
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: 2 Samuel 9 Teks: 2 Samuel 9:13 Mefiboset, wie se voete gebreklik was, het in Jerusalem gebly, want hy het van toe af by die koning aan huis geëet. Tema: Die begenadigde sondaar ontvang God se gawes en seëninge as ‘n ewige belofte. Hoofpunte: God se gawes. God se seëninge. God se belofte. Sing: Psalm 84:1 en 5; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Skrifberyming:5-4:1 en 2; Psalm 23:3; Psalm 116:1 -; Skrifberyming 2-4:1 en 3
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 7 Maart
Die Erediens word gelei deur Ds. Lourens Venter. Lees: Openbaring 5:1-14 Teks: Openbaring 5:13 en 14 Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid. Heidelbergse Kategismus: Sondag 52 Tema: Jesus Christus is ons Amen Sing: Psalm 99:1, 4 en 5; Psalm 61:1, 4 en 6; Skrifberyming 10-2; Skrifberyming 5-3:1, 4 en 5
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 14 Maart
Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Luk 15:1-7 Teksvers: Luk 15:7 Sing: Ps 122-1:1,2 Ps 134:4 Ps 116-1:1,5,10 Ps 135-2:1,5,8 Sb 13-3
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 21 Maart
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: 1 Konings 17:1-16 Teks: Gelese gedeelte Tema: God se woorde en dade daag die goddelose wêreld se magte uit, deur Sy almag te openbaar. Hoofpunte: God se almag oor die natuur. God se almag oor die diere. God se almag oor gewone en alledaagse dinge. Sing: Psalm 89:1; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:7 en 8; Psalm 43:3 en 4; Psalm 138:2 en 4
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 21 Maart
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 5:1-14 Teks: Openbaring 5:5 en 6 Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.” Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, 'n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. Tema: Nagmaal wys na die Leeu en die Lam. Sing: Psalm 89:1; Psalm 43:3 en 4
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 28 Maart
Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 27:32-56 en lees ook verder Romeine 6:1-14 Teks: Matteus 27:51-52 Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek, en Romeine 6:4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei. Tema: Paasfees roep ons tot bekering en geloof Hoofpunte: Paasfees en my skuld. Paasfees en my vryspraak. Paasfees en my bekering. Sing: Psalm 98:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 4:2 en 3; Psalm 105:5 (eerste diens doop); Psalm 16:4; Psalm 16:5
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)