Oggenddiens 6 Desember
Die Erediens word gelei deur Ds. Casper Breed. Lees: Lukas 1:26–38 & 46-49 Teks: Lukas 1:28 & 38 28Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” 38Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan. Tema: As begenadigdes toegerus en tot beskikking van die Here. Sing: Skrifberyming 2-4:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 40:4; Skrifberyming 1-1:1 en 2; Psalm 45:9, 10 en 16
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 6 Desember
Die Erediens word gelei deur Ds. Lourens Venter. Lees: Mattheus 2:1-12. Teks: Mattheus 2:2. Tema: Bring hulde aan die Koning.
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 13 Desember
Die Erediens word gelei deur Ds. Casper Breed. Lees: Rigters 15:9 - 20 Teks: Rigters 15:16 - 19 16Toe sê hy: “Met die kakebeen van ʼn donkie het ek ʼn hopie van hulle gemaak, met die kakebeen van ʼn donkie het ek duisend man doodgeslaan.” 17Toe hy dit gesê het, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Kakebeenshoogte genoem. 18Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?” 19Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem. Tema: Gee aan God die eer. Sing: Psalm 68:7 en 13; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 65:2; Psalm 18:15 en 20; Psalm 33:9 en 11
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 13 Desember
Die Erediens word gelei deur Ds. Gerrit Kruger. Lees: Ex. 20:17, Gal. 5:13-25. Teks: Gal. 5:16-18. Tema: My begeerte is om God te dien, dan het ek vrede. HK. Sondag 44.
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Oggenddiens 20 Desember
Die Erediens word gelei deur Ds. Casper Breed. Lees: Matteus 2:1 – 12, 16 – 18 en Lukas 2:25 - 35 Tema: Mense reageer verskillend op die Kersgebeure. Teks: Matteus 2:1, 2 en 16 1Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” 16Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. en Lukas 2:27 – 32 27Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, 28het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê: 29“Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, 30omdat my oë u verlossing gesien het 31wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 32'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.” Sing: Skrifberyming 4-6; Skrifb 12-3:1 en 2; Psalm 2:6; Skrifberyming 1-2:1, 2 en 3; Liedboek 345:2 en 3
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)
Aanddiens 27 Desember
Die Erediens word gelei deur Ds. Martin van Helden. Tema: Hoe lief het jy die Here?
Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)