Oggenddiens 1 September 

Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel.
Lees: Openbaring 16 Teks: Openbaring 16:15 en 19 “Kyk, Ek kom onverwags soos 'n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.” Die groot stad het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het inmekaargestort. God het ook nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy gloeiende toorn te gee nie. Tema: Waak! Totdat God uiteindelik die goddelose Babel laat val. Hoofpunte: 1. Die goddelose se omgewing stort in duie. 2. Die goddelose se mag stort in duie. 3. Die goddelose se stad stort in duie. Sing: Psalm 68:1 en 9; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:4 en 11; Psalm 112:1 en 2; Psalm 73:3 en 12

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 1 September

Die Erediens word vanaand waargeneem deur dr. Douw Breed van Waterkloofrand. Lees: 2 Korintiërs 12:1-10 Teks: 2 Korintiërs 12:9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Hoofgedagte: Nooit in my gebedsroem verleë nie. Sing: Skrifberyming 18-6:1, 2 en 5; Psalm 131:1, 2 en 3; Psalm 124:1, 2 en 3

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 8 September

Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 17 Teks: Openbaring 17:8 “Die dier wat jy gesien het, was eers en is nie nou nie. Hy gaan uit die onderaardse diepte uit kom en gaan na die verderf toe. Die bewoners van die aarde wie se name nie van die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskrywe staan nie, sal verwonderd wees as hulle die dier sien, want eers was hy en nou is hy nie en tog sal hy wees. Tema: God ontmasker die verborge aanslag van die Anti-Chris vir Sy kerk. Hoofpunte: 1. Babilon word ontmasker. 2. Babilon se strategie word ontmasker. 3. Die kerk word getroos. Sing: Psalm 89:1 en 6; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 130:2 en 4; Psalm 71:13 en 15; Psalm 68:10 en 14

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 8 September

Die Erediens word vanaand waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Romeine 5:12-21 Teks: Gelese gedeelte. Heidelbergse Kategismus: Sondag 4 Tema: God se reg vereis betaling vòòr versoening. Hoofpunte: 1. God se reg. 2. Die mens se onreg. 3. Die versoening van God en mens. Sing: Psalm 107:1 en 10; Psalm 38: 1 en 8; Skrifberyming 10-2; Psalm 4:2 en 3

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 15 September

Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 28 Teks: Matteus 28:19 Tema: In die doop wys God hoedat sondaars weer kinders van hulle Hemelse Vader word. Hoofpunte: 1. In die naam van die Vader wat Sy kinders opeis. 2. In die naam van die Seun wat wys hoe God se kinders is. 3. In die naam van die Heilige Gees wat sondaars kinders maak. Sing: Psalm 149:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 126:1 en 2; Psalm 105:5; Psalm 43:3 en 4; Psalm 8:1

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 15 September

Die Erediens word vanaand waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Lukas 23:33-49 Teks: Lukas 23:43 Heidelbergse Kategismus: Sondag 5 Tema: God se verlossingsplan vir die mens is die enigste hoop op Saligheid. Hoofpunte: 1. God se plan. 2. Die mens se hoop. Sing: Psalm 92:6 en 7; Psalm 18:1 en 20; Skrifberyming 10-2; Psalm 71:9, 10 en 14

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 22 September

Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 18 Teks: gelese gedeelte Tema: God, die Regter, voer 'n regsaak met die teëstanders van Sy kerk op aarde. 1. Die klagstaat in die regsaak. 2. Die vonnis in die regsaak. 3. Die gevolge van die regsaak SING Ps. 107:1,10 Skb 12-3:1,2 Ps. 73:9 Ps. 73:3,8 Ps. 73: 10,12

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 29 September

Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees Openbaring 19:1-10 Teks: Openbaring 19:10 Tema: God se regverdigheid verseker ons van 'n ewige bruilofsfees, wat vir elke gelowige wag. 1. God se regverdigheid 2. Die bruilofsfees 3. Die bruidspaar Sing Ps. 45: 1,16 Skb 12-3: 1,2 Ps 25:3,4 Ps. 86:6 Skb 18-3:2,7,9

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)