Sondagoggend 11 Januarie
Die Woordbediening word deur Ds Ben Fourie waargeneem. Lees: Kolossense 3. Teks: Kolossense 3:15. Tema: "Die geboorte van egte dankbaarheid”

Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

Sondagoggend 18 Januarie

Ons verwelkom graag Ds Rassie Smit hier by ons vanoggend. Hy staan in vir Ds Christo wat pas van die sinode teruggekeer het.Lees: Hosea 2. Teks: Hosea 2: 13 en 14.Tema: "God hou ons in sy liefde vas." Sing: Psalm 118: 12; Skrifberyming 12-3: 1en 2; Psalm 119: 3; Psalm 31: 17 ; Psalm 73: 10. Hosea 2:13 Tog sal Ek weer begin om haar die hof te maak. Ek sal haar na die woestyn toe bring en mooi dinge vir haar sê. Hosea 2:14 Wanneer ons daar is, sal Ek weer vir haar wingerde gee, Ek sal die Akorlaagte 'n poort na 'n nuwe toekoms maak. Dan sal sy weer my liefde beantwoord soos toe sy jonk was, soos toe sy uit Egipte getrek het.

Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

Sondagoggend 18 Januarie

Welkom terug op die preekstoel Ds Christo. Die Skriflesing is uit Hebreërs 12: 12-29 en die teksvers Hebreërs 12: 28. H.K. Sondag 48 word bestudeer. Tema:  “In die gebed verwag ons God se koninkryk in ons en in die wêreld”. Hoofpunte: 1) God se ryk in ons. 2) God se ryk in die wêreld. 3) Die verwagting van God se ryk. 
Sing: Psalm 25:1 en 4; Psalm 86:5; Skrifb 10-2; Psalm 68:15.

Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

Sondagoggend 25 Januarie
Ds Christo Swanepoel bedien vanoggend die Woord. Die Skriflesing is Lukas 16: 1-13. Die teksvers is vers 9. Tema: "God gee besittings aan sy kinders sodat hul Hom verewig daarmee.” Hoofpunte: God gee besittings. Die diens aan God met besittings. Die ewige beloning met ewige besitting. Sing: Psalm 34: 1 en 2; Skrifberyming 12-3: 1en 2; Psalm 19: 4 en 5; Psalm 62: 6 en 7; Psalm 107: 1 en 10. Lukas 16:9 En Ek sê vir julle: “Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak sodat wanneer die geld nie meer kan help nie, hulle julle in die ewige wonings sal ontvang.”

Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

Sondagaand 25 Januarie
Ds Christo Swanepoel preek. Die Skriflesing is uit Psalm 119: 1-16 en die teksvers Psalm 119: 10. H.K. Sondag 49 is aan die orde Tema:  “My gebed bely gehoorsaamheid aan God se Wet”.

Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)