Oggenddiens 4 Julie Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Rigters 7:1-14 Teks: Rigters 7:13-14 Gideon het in die kamp ingekom net toe 'n man vir sy maat hierdie droom vertel: “Ek het gedroom,” het hy gesê, “daar kom 'n ronde garsbrood in ons laer ingerol. Die brood het tot by die tent gerol, daarteen gestamp en dit laat omval. Die brood het die tent omgestamp en die tent het inmekaargetuimel.” Die maat het geantwoord: “Dit is beslis die swaard van die Israeliet Gideon seun van Joas. God gee Midian en sy hele leër in Gideon se mag oor.” Tema: Die gelowige se gemoedsrus lê in die almag van God. Hoofpunte: 1. Die wankelende mag van die mens. 2. Die stewige mag van die vyand. 3. Die almag van God.

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 11 Julie Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Rigters 6:1-24 Teks: Rigters 6:12 Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!” Tema: God se bevryding van sy kinders hou duidelike opdragte vir hulle in. Hoofpunte: 1. Die hopelose toestand van God se kinders. 2. Die wonderlike plan van God vir bevryding. 3. Die duidelike opdragte vir God se kinders. Sing: Psalm 147:2 en 4

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 18 Julie Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Prediker 11:1-8 Teks: Prediker 11:1 Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. Tema: God beloon diegene wat hulle toekoms met geloofsvertroue in Sy Vaderhand lê.
Hoofpunte: 1. Die uitdaging. 2. Die oorweging. 3. Die erkenning. Sing: Psalm 128:1 en 4

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 24 Julie Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: 1 Samuel 17 Teks: 1 Samuel 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Tema: Die Here skenk oorwinning aan die nederige gelowige. Hoofpunte: 1. Dawid se wapens. 2. Dawid se gesindheid. 3. Dawid se oorwinning. Sing: Psalm 46:1

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

FaLang translation system by Faboba