Oggenddiens 2 Mei Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: 2 Konings 1 Teks: 2 Konings 1:6 Hulle het hom geantwoord: “'n Man het ons tegemoet geloop en vir ons gesê: Gaan terug na die koning wat vir julle gestuur het en sê vir hom: So sê die Here: Is daar dan geen God in Israel nie dat jy boodskappers stuur om Baäl-Sebub die god van Ekron te raadpleeg? Daarom sal jy nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lê het nie. Jy gaan sterf.” Tema: Die jaloerse God openbaar homself aan mense wat Hom probeer ignoreer. Hoofpunte: Die mens wat God probeer ignoreer. Die mens wat God onderskat. Die mens wat God ontmoet. Sing: Psalm 33:2 en 8; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 32:1 en 3; Psalm 97:2 en 4; Psalm 48:1 en 4

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 9 Mei Die Erediens word gelei deur Ds. Tinus Smidt. Titus 2:1-15 Teks: Titus 2:11 “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn, en leer ons om die goddeloosheid en die wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.” (1953) Tema: Die reddende genade van God—verlos van straf en mag van sonde Sing: Psalm 34:2 en 4 (1936 – tweede melodie); Psalm 139:1 en 12 (1936); Skrifberyming 2-5:1 en 3; Skrifberyming 15-7:5 en 6

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 16 Mei Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Psalm 20 Teks: Gelese gedeelte Tema: God skenk verlossing aan hulle wat in benoudheid Hom in geloof aanroep. Tye van benoudheid... Dryf ons na God toe. Bind ons aan mekaar. Versterk ons geloof. Sing: Psalm 20:1, 2 en 4; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 89:1 en 6; Psalm 138:4

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 23 Mei Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Psalm 21 Teks: Gelese gedeelte Tema: God se oorwinning laat Sy kinders met dankbaarheid juig in geloofsverwagting. Hoofpunte: God se kinders juig. God se kinders dank. God se kinders se geloofsverwagting. Sing: Psalm 47:1, 3 en 4; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 79:5, 6 en 9; Psalm 21:1 en 2; Psalm 23:3; Psalm 116:1 -; Psalm 98:1 en 2

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 30 Mei Die Erediens word gelei deur Ds. Christo Swanepoel. Lees: Psalm 21 Teks: Gelese gedeelte Tema: God se oorwinning laat Sy kinders met dankbaarheid juig in geloofsverwagting. Hoofpunte: God se kinders juig. God se kinders dank. God se kinders se geloofsverwagting. Sing: Psalm 47:1, 3 en 4; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 79:5, 6 en 9; Psalm 21:1 en 2; Psalm 23:3; Psalm 116:1 -; Psalm 98:1 en 2

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

FaLang translation system by Faboba