Oggenddiens 2 Junie Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 11:15-19 Teks: Gelese gedeelte Tema: Christus se finale oorwinningstog neem onder lofgesang in aanvang. Hoofpunte: 1. Lofsang van die Gesalfde. 2. Die finale beslissing. 3. Die laaste stryd begin. Sing: Psalm 100:1-4; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:4 en 7; Psalm 68:1; Psalm 48:4

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 2 Junie Die Erediens word vanaand waargeneem deur ds. Attie Venter van GK Annlin Lees: Job 25:1-26:14 Teks: Job 25:1-4 Toe sê Bildad die Suagiet vir Job: “Die heerskappy en die vrees kom God toe. Uit sy hoë hemel gee Hy vrede. Kan die magte waaroor Hy beskik, bereken word? Oor wie skyn sy lig nie? Hoe kan 'n mens reg hê voor God? Hoe kan iemand wat uit 'n vrou gebore is, onskuldig wees? Tema: “Hoe vertroostend is ons troos werklik?” Sing: Psalm 33:1 en 11; Skrifberyming 4-6; Psalm 4:1 en 3

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 9 Junie Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 12:1-12 Teks: Gelese gedeelte. Tema: Christus en Sy kerk se oorwinning oor die draak. Hoofpunte: 1. Die vrou en die draak. 2. Die kind en die draak. 3. Christus oorwin die draak. Sing: Psalm 18:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 130:2 en 4; Psalm 144:1 en 3; Psalm 118:5 en 7

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Aanddiens 9 Junie Die Erediens word vanaand waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Matteus 6:1-18 Teks: Matteus 6:14-15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” Heidelbergse Kategismus: Sondag 51 Tema: Ons behoefte aan vergewing en ons roeping tot vergewing. Hoofpunte: 1. Ons behoefte aan vergewing. 2. God se genade van vergewing. 3. Ons roeping tot vergewing.
Sing: Psalm 146:1 en 8; Psalm 86:1 en 3; Skrifberyming 10-2; Psalm 99:4 en 5

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 16 Junie Die Erediens word waargeneem deur ds. Casper Breed. Lees: Handelinge 15:35 Teks: Handelinge 15:37-38 en 16:3 - Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. Omdat Paulus vir Timoteus met hom wou saamneem, het hy hom besny. Dit het hy gedoen ter wille van die Jode wat in daardie gebied gewoon het, want hulle het almal geweet sy pa is 'n griek. Tema: Onverbiddelik of toegeeflik. Sing: Psalm 105:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:2; Skrifberyming 9-4:1, 2 en 3 en 3; Psalm 133:1 en 2

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 23 Junie Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 12:13-17 Teks: Gelese gedeelte Tema: God bewaar Sy kerk te midde van satan se laaste stryd. Hoofpunte: 1. Satan se laaste poging. 2. God se bewarende hand. Sing: Psalm 33:1 en 4 ; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 38:8 en 17; Psalm 46:1 en 6; Psalm 91:1 en 2

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

Oggenddiens 30 Junie Die Erediens word waargeneem deur ds. Christo Swanepoel. Lees: Openbaring 12:18-13:10 Teks: Openbaring 13:1-10 Tema: God vra geloof en volharding van Sy kinders in die tydperk van die antichris. Hoofpunte: 1. Die opkoms van die dier. 2. Die optrede van die dier. 3. Die reaksie van die gelowiges. Sing: Psalm 146:1 en 2; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 119:3 en 7; Psalm 68:14; Psalm 9:7, 9 en 14

Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

FaLang translation system by Faboba