DIE GELOOFSBELYDENIS VAN ATHANASIUS
- Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou.
- As iemand dit nie heeltemaal ongeskonde bewaar nie, sal hy sonder twyfel ewig verlore gaan.
- Die algemene geloof is: Ons moet die een God in die Drieheid en die Drieheid in die Eenheid eer,
- sonder om die persone te vermeng of die wese te
- Want die person van die Vader is; ‘n ander, die van die Seun is ‘n ander, die van die Heilige Gees is ‘n ander.
- Tog het die Vader en die Seun en die Heilige Gees, gelyke eer en gelyke ewige heerlikheid.
- Soos die Vader is, so ook is die Seun en ook die Heilige Gees.
- Die Vader is ongeskape, die Seun is ongeskape, die Heilige gees is ongeskape;
- onmeetlik is die Vader, onmeetlik is die Seun,onmeetlik is die Heilige Gees;
- Die Vader is ewig, die Seun is ewig, die Heilige Gees is ewig.
- Nogtans is daar nie drie ewiges nie maar een Ewige,
- Net soos daar ook nie drie ongekapenes of drie onmeetlikes is nie maar een Ongeskapene en een Onmeetlike.
- Eweneens is die Vader almagtig, die Seun almagtig, die Heilige Gees almagtig;
- En tog is daar nie drie almagtiges nie maar een Almagtige.
- So ook is die Vader God, die seun God, die Heilige Gees God;
- En tog is daar nie drie gode nie maar een Gog.
- Net so is die Vader Here, die Seun Here, die Heilige Gees Here;
- En tog is daar nie drie heres nie maar een Here.
- Want soos ons deur die Christelike waarheid gedwing word om elke Persoon afsonderlik God en Here te noem,
- Word ons ook deur die algemene geloof verbied on drie gode en heres te bely.
- Die Vader is deur niemand gemaak of geskep of gegenereer nie;
- die Seun is deur die Vader aleen nie gemaak of geskep nie maar gegenereer;
- die Heilige Gees is deur die vader en die Seun nie gemaak of geskep of gegenereer nie maar gaan van Hulle uit.
- So is daar dan een Vader, nie drie vaders nie; een Seun, nie drie seuns nie; een Heilige Gees, nie drie heilige geeste nie.
- En in hiedie Drieheid is daar nie eerste of laaste nie, nie meeste of minste nie,
- maar al drie Persone het gelyke ewigheid en is heeltemaal aan mekaar gelyk,
- sodat in alle opsigte, soos hierbo gese is, die Eenheid is in die Drieheid en die Drieheid in die Eenheid geeer moet word.
- Wie dus salig wil word, moet so oor die Drie-eenheid dink.
- Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy ook getrou aan die menswording van in Here Jesus Christus moet glo.
- So is die regte geloof dan: Ons glo en bely dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelyk God en mens is.
- Hy is God uit die wese van die Vader voor alle tye gegenereer, en mens uit die wese van sy moeder, in die tyd gebore;
- Volkome God, volkome mens met ‘n redelike siel en menslike vlees,
- Na die Godheid aan die Vader ge;yk, na die mensheid minder as die Vader.
- En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een in Christus.
- Hy is een, nie deur die verandering van die Godheid in die vlees nie maar deur die aanneming van die mensheid in God.
- Hy is in alle opsigte een, nie deur die vermenging van die wese nie maar deur die eenheid van die Persoon.
- Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens een Christus,
- Wat ter wille van ons saligheid gely het en berawe is. Hy het die lyding van die hel ondergaan. Op die derde dag het Hy uit die dood opgestaan,
- Na die hemel opgevaar en aan die regterhand van God, die almagtige Vader, gaan sit.
- Daarvandaan sal hy kom om die lewendes en dooies te oordeel.
- By Sy koms sal alle mense, met hulle ligame, opstaan
- En van hulle eie werke rekenskap gee.
- En die wat goed gedoen het, sal in die ewige lewe ingaan, maar die wat sonde gedoen het, in die ewige vuur.
- Dit is die ewige geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig kan word nie.