APOSTOLIESE GELOOFBELYDENIS

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;

en in Jesus Christus, Sy enigebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is en gesterf het en begrawe is;

wat die lyding van die hel ondergaan het;

wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;

opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van die Vader, waarvandaan hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Ek glo in die Heilige Gees;

Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike  kerk,

die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van die sondes;

die opstanding van die ligaam

en ‘n ewige lewe.

Druk E-Pos

FaLang translation system by Faboba