Die afwagting het breekpunt bereik en uiteindelik het die dag aangebreek. Reeds van vroeg af is die staanplekke voorberei en aan verbeelding het dit nie te kort geskiet nie. Daar was ook senuwees wat geknaag het. "Gaan ons potjie betyds gereed wees vir die beoordeling. Dis ons eerste potjie wat gaan die beoordelaars sê." Maar alles het goed verloop en 240 lidmate en vriende kon uiteindelik aansit. Die Beoordelaars was Melanie Buys, James Kemp aanbieder by Pretoria FM en Riaan Grobler radio omroeper by Groot fm en Pretoria Fm, fynproewer, skrywer en aanbieder van kos programme. Die prys vir die smaaklikste potjie is deur Dawid en sy Span verower en die stalletjie met die mooiste voorkoms is die Bosveld kamp span.

Druk E-Pos

FaLang translation system by Faboba

Potjiekos 2019