Dit was ‘n groot gedoente Maandagoggend met die vertrek van die Silwerkrone. Die opwinding was voelbaar en die kwinkslae het nie agtergebly nie. 27 stuks het vertrek en hier by  kwart voor twee was almal aan die smul aan ‘n lekker middagete voorsien deur Milly’s. Dit is ook al ‘n jaarlikse instelling dat daar op pad na Falcon Glen by Milly’s ge-eet word. Soos gewoonlik was daar gewerk, ge-eet, geslaap en gejol.  Soms is daar sommer net niks gedoen en dan het ander ouens gebrei en in die swembad gaan lê en rus. Soos duidelik op die fotos gesien kan word was dit 'n jolige week gewees en het sommige meer moeg teruggekom as voor hulle gaan vakansie hou het. Klik op 'n foto om dit te vergroot..

imageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimage

FaLang translation system by Faboba