Waar was jy Dinsdagaand? Die Dopperparlement se Master Chef Kompetisie was unieke projek en die disse wat voorgesit is aan die beoordeellaars was ‘n absolute fees. Jy kan nie glo hoe die jong mense met die voorgeskrewe bestanddele getoor het nie. Daar was ses spanne en elke span moes ’n stukkie steak en wors  aanbied aan die beoordeelaars.  Hul kon een stysel en een bygereg byvoeg. Daar was 'n amptelike wegspring en sommiges het gehardloop na hul werksplekke en ander het geweet 30 sekondes gaan nie saak maak nie. Stiptelik om 20:20 is daar halt geroep. Die beoordeelaars het op die ou end gekreun en gesteun van al die proe werk. Dit was moeilik om op die ou end te bepaal wie die algehele wenners was. Elke span kon net sowel gewen het. Ons wil graag al die deelnemers van harte geluk wens met hierdie skitterende byeenkoms en sien uit na die volgende “master chef” kompetisie in 2015. Klik op die foto's om te vergroot.

imageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimageimage


DrukE-Pos

FaLang translation system by Faboba