Die Dopperparlement van die GK Lyttelton is 'n inisiatief van die jong werkendes van die gemeente.groepie
Jongmense is sinoniem met die toekoms. Die vraag ontstaan in welke mate speel die toekomsverwagtinge van die jongmense 'n rol in
hul geloofsoriëntasie? Hoe kan die toekomsperspektiewe van die jong werkendes positief of negatief inwerk op die deelname aan kerklike en geloofsaktiwiteite? Die aard van uitwaartse toekomsoriëntasie dra grootliks by om die dryfveer agter die jongmense se deelname aan gemeenskap aktiwiteite waarby kerklike aktiwiteit ingesluit is, te bepaal en te beïnvloed.
Is dit waar dat die jong werkendes 'n wegkomwens het?
Dit is juis hierdie uitdagings waaraan die Dopperparlement werk.
Ons wil 'n gees van eienaarskap vir ontwikkeling en vooruitgang skep. Die Parlement wil 'n wesentlike bydra maak om ideale te ontwikkel waaraan almal kan bou. Bowenal moet die Dopperparlement se lede uitstaan as gelowige jeugdiges wat nie skroom om hul werk en optrede tot eer van God te laat geskied nie.

DrukE-Pos

FaLang translation system by Faboba