Ondersteuning

Die Diakonie is betrokke by die volgende instansies:

Eljada huis – Hierdie huis help mense op straat deur kos te verskaf en geestelike ondersteuning.

President Kruger Kinderhuis - President Paul Kruger Kinderhuis het twee “huise” die een is hier in Pretoria en die ander een is in Reddersburg.
“President Kruger Kinderhuise is geregistreerde nie-winsgewende organisasies wat hulle toespits op die versorging van kinders. Ons versorg kinders wat deur getraumatiseerde omstandighede van hulle huise verwyder is en skep vir hulle ‘n gesonde en standvastigetuiste waar hulle tot hulle volle potentiaal kan ontwikkel.”

Vriendekring van President Kruger Kinderhuis – die Vriendekring se doel is om die kinders bytestaan met ekstra ondersteuning, hetsy moterlisensie, esktra klasse, sport toerusting e nook vir elke kind ‘n verjaardag- en kersgeskenk te gee.

Die Diakonie se projekte en fondsinsamelings

Hou die Koerier dop vir ons projekte en fondsinsameling datums!

Groot gedeelte van ons fondse gaan om behoeftiges in ons gemeente bytestaan en fonds ontvang uit die fondsinsamelings en bydraes word hiervoor aangewend!
Ons is dankbaar vir almal se ondersteuning en hoop ons kan staat maak op u ondersteuning vir die jaar!

Snoek1 Basaar1 Snoek2

DrukE-Pos

FaLang translation system by Faboba