Die 2020 basaar van Gereformeerde Kerk Lyttelton is agter die rug. Getrou aan tradisie het hierdie basaar geskoei op 'n platelandse tema weer vir 'n hoogtepunt op ons gemeente se jaarprogram gesorg. Besoekers het gekom en gegaan.  Soos altyd was die Wit Olifantafel, die varsgebak, vetkoek kombuis, die pannekoek onder die tent,  die plaas tafel, naalkdwerk en basaarpoeding almal gewilde besoekpunte en smulpape kon hul sonder om te bloos verlustig. Dan was daar nog die Hamburger en tjips en die teetuin en moenie vergeet van die braaivleis wat te koop was nie, Daar was besoekers van oraloor.Vrydagaand was daar weer ons gewoonlike braai . Ons is die Here dankbaar vir sy hand van seën wat oor ons uitgestrek gehou is. Kyk maar bietjie na die foto's. Ons maak aanstaande jaar weer so.

 

FaLang translation system by Faboba