Die 2016 basaar van Gereformeerde Kerk Lyttelton is agter die rug. Getrou aan tradisie het hierdie basaar geskoei op 'n platelandse tema weer vir 'n hoogtepunt op ons gemeente se jaarprogram gesorg. Besoekers het gekom en gegaan. op die ou end het daar net meer as 1450 pare voet deur ons hekke gegaan. Soos altyd was die Wit Olifantafel, die varsgebak, vetkoek kombuis (750 vetkoeke), die pannekoek op die stoep (digby 2000 pannekoeke), kerrie en rys, die plaas tafel, naalkdwerk en basaarpoeding was almal gewilde besoekpunte en smulpape kon hul sonder om te bloos verlustig. Dan was daar nog die Hamburger en tjips en die teetuin en moenie vergeet van die skaapvleis wat te koop was nie, Daar was besoekers van oraloor. 'n Hoogtepunt was die optrede van die Pretoria Tak van die Boeremusiekgilde. Vrydagaand was daar weer ons gewoonlike skaapbraai en Saterdagoggend is afgesluit met ons beroemde plaasontbyt. Ons is die Here dankbaar vir sy hand van seën wat oor ons uitgestrek gehou is. Kyk maar bietjie na die foto's. Ons maak aanstaande jaar weer so.

 

FaLang translation system by Faboba