Jaarprogram 2023

Oggenddiens 26 November 2023

2de diens 26 November 2023

 

Die dienste word ook regstreeks uitgesaai deur die Telegram toepassing. Gebruik die volgende skakel om in te skakel: https://t.me/GKLyttelton

Tot 1950 was die gebied ten Suide van Pretoria tot by Kemptonpark deel van die Gereformeerde Kerk Pretoria, die kerk in Kerkstraat, Pretoria by baie bekend as Oom Paul se Kerk. Die gemeente het in 1953 afgestig. Die Gereformeerde Kerk Lyttelton was tot 1966 bekend as die Gereformeerde Kerk Pretoria-Suid. Die kerkgebou is deur die argitek Johan de Ridder ontwerp. Lees meer die geskiedenis van die gemeente.
Deur die jare het die gemeente daarin geslaag om sy plattelandse karakter te behou. Dit is 'n tuiste vir oud en jonk. GK Lyttelton hou gereeld byeenkomste ter uitbouing van die gemeenskap van die gelowiges. Daar is die jaarlikse basaar, die dopperparlement se kamp vir die jong werkendes, die gemeentekamp in Oktober, potjiekos kompetisie in Februarie, en die Bybelstudies op Dinsdagoggende. Een maal per jaar gaan die Silwerkrone op 'n weeklange wegbreek. Dit is 'n geleentheid wat groot belangstelling lok en daar word weke vooraf daaroor gekoukus. 


Die kerkgebou is op die hoek van Stasiestraat en Monumentlaan in Lyttelton Manor, Centurion. Eredienste vind winter en somer om 09:00 plaas.

Ons pastoriegpaar is Ds Christo en mev Griet Swanepoel. Ds Swanepoel het voorheen in die GK Messina en Nylstrom gedien en is sedert 2 Augustus 2009 die leraar by Lyttelton. Die Gk Lyttelton bedien die volgende gebiede in Centurion: Doringkloof; Lyttelton; Hennopspark; Bronberrik; Al die Zwartkops uitbreidings; Die Hoewes; Centurion Stad; Highveld; Centurion Gholf Landgoed, Pierre van Ryneveld en Olifantsfontein. 

IMG 1286Katkisasie bly een van die hoekstene van ons Gereformeerde Etos en die nuwe katkisasie kurrikulum soos ontwikkel deur AROS (ARSO) onder leiding van die Deputate vir Katkisasie van die Gereformeerde Kerke is aan die begin van die 2012 skooljaar by Lyttelton implementeer. Lyttelton heg groot waarde aan die opvoeding van die kinders in die Gereformeerde tradisie. Die kinders van ons gemeentelede is vir ons belangrik en ons aanvaar die verantwoordelikheid om te help grootmaak van ons verbondskinders met liefde. Spesiale aandag word gegee aan veral die voorskoolse outjies. Die ouers van GK Lyttelton neem aktief deel aan die katkisasie.

 Kollektes 

 KollektesDiens van Barmhartigheid